Ierland moet Saterdag sonder vier staatmakers speel

--:--
Ierland gaan Saterdag se toets in Dublin teen Australië sonder vier staatmakers moet aanpak. Jamie Osborne en Jacob Stockdale is Saterdag in hulle 52-17-sege teen Fidji beseer. Ryan Baird het vroeër die maand ʼn hoofbesering opgedoen in hul oorwinning oor Argentinië terwyl Tadhg Furlong weens ʼn dyspier-probleem nog nie hierdie maand gespeel het nie. Die voorspeler-afrigter, Paul O'Connell, sê die kragmeting teen Australië gaan ʼn groot uitdaging wees:
27 Nov 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Shikongo vra beter beskerming van sekuriteitskluster

Luitenant Joseph Shikongo tydens 'n toespraak by 'n konferensie van die Veiligheidsvereniging van Namibië vroeër vanjaar die eienaars van sekuriteitsmaatskappye aangemoedig om vir hul werknemers te sorg deur hul veiligheid te verseker by die eiendomme wat hulle beskerm. Dit was in die lig van sekuriteitswagte wat dikwels hul lewens aan…
28 Nov 12AM 1 min

Bevindings van Covid-19-toelaag ondersoek met in werking tree

Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling, Bridget Masango, sê die bevindings van die ondersoek na die Covid-19-toelaag moet blitsig in werking tree. Minister Sisisi Tolashe het die ondersoek gelas na bewerings deur Stellenbosh studente oor identiteitsdiefstal-skuiwergate. Masango sê gereelde vorderingsverslae sal beskikbaar wees om deursigtigheid in…
28 Nov 12AM 1 min

Elektriese voertuie: Dis die hoender en die eier...

Daar word na wat berig word tussen 100 en 500 elektriese voertuie in Namibië gebruik, maar daar's nie veel laaistasies nie. Vivo Energy, wat Shell bedryf, beplan ook nie om gou laaistasies te installeer nie. Volgens die besturende direkteur, Jaco van Rensburg, is daar nog nie genoeg elektriese voertuie in…
28 Nov 12AM 1 min

Partye verwerp die uitslae, sal hof toe gaan

Dat stemdag in chaos ontaard het en die Verkiesingskommissie nie opgewasse was vir die taak nie, is volgens opposisiepartye ‘n feit soos ‘n koei. Nie die Affirmative Repositioning-beweging, die Republikeinse Party, die LPM of die PDM sal die uitslae aanvaar nie. Die IPC het reeds ‘n klag by die kommissie…
27 Nov 11PM 1 min