Partye verwerp die uitslae, sal hof toe gaan
--:--
Dat stemdag in chaos ontaard het en die Verkiesingskommissie nie opgewasse was vir die taak nie, is volgens opposisiepartye ‘n feit soos ‘n koei. Nie die Affirmative Repositioning-beweging, die Republikeinse Party, die LPM of die PDM sal die uitslae aanvaar nie. Die IPC het reeds ‘n klag by die kommissie ingedien. Die LPM het laat Woensdagmiddag ‘n perskonferensie gehou. Ivan Skrywer, stigterslid van die party sê hulle gaan hof toe.