Plastiekbesoedeling: Namibië is ver agter, sê Brown
--:--
Afgevaardigdes van 175 lande het in Busan, Suid-Korea, vergader vir die vyfde ronde van samesprekings oor 'n internasionale verdrag om plastiekbesoedeling te bekamp. In Namibië is 'n plastiekheffing wat in Augustus 2019 ingestel is, daarop gemik om die gebruik van plastieksakke te ontmoedig, besoedeling te verminder en die herwinning van materiale soos elektronika, gebruikte smeermiddels en batterye te bevorder. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het 'n beroep gedoen op dringende optrede, en beklemtoon dat enige ooreenkoms die lewensiklus van plastiek moet aanspreek, veral enkelgebruikplastiek, afvalbestuur en alternatiewe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat sê daar moet nog baie in Namibië gedoen word om die probleem te bekamp.