Chaos op stemdag, opposisie raak oproerig

--:--
Stemdag het laat Woensdagnamiddag in chaos ontaard met stembriewe wat by verskeie stemlokale opgeraak het, toerusting wat afgeskakel het oor hitte, ‘n tekort aan vingerafdruk-verifieerders en meer. Talle kiesers het ure in rye gestaan met frustrasie wat vroegaand begin opbou het. Stemlokale is toe laatnag opdrag gegee om oop te bly met kiesers wat weggewys is en gejaag het na ‘n volgende lokaal oor ‘n tekort aan stembriewe. Die opkoms blyk om baie hoog te wees. Die hoof kiesbeampte van die Verkiesingskommissie het op NBC die chaos aangespreek en ook gepraat oor die toerusting.
27 Nov 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Shikongo vra beter beskerming van sekuriteitskluster

Luitenant Joseph Shikongo tydens 'n toespraak by 'n konferensie van die Veiligheidsvereniging van Namibië vroeër vanjaar die eienaars van sekuriteitsmaatskappye aangemoedig om vir hul werknemers te sorg deur hul veiligheid te verseker by die eiendomme wat hulle beskerm. Dit was in die lig van sekuriteitswagte wat dikwels hul lewens aan…
28 Nov 12AM 1 min

Bevindings van Covid-19-toelaag ondersoek met in werking tree

Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling, Bridget Masango, sê die bevindings van die ondersoek na die Covid-19-toelaag moet blitsig in werking tree. Minister Sisisi Tolashe het die ondersoek gelas na bewerings deur Stellenbosh studente oor identiteitsdiefstal-skuiwergate. Masango sê gereelde vorderingsverslae sal beskikbaar wees om deursigtigheid in…
28 Nov 12AM 1 min

Elektriese voertuie: Dis die hoender en die eier...

Daar word na wat berig word tussen 100 en 500 elektriese voertuie in Namibië gebruik, maar daar's nie veel laaistasies nie. Vivo Energy, wat Shell bedryf, beplan ook nie om gou laaistasies te installeer nie. Volgens die besturende direkteur, Jaco van Rensburg, is daar nog nie genoeg elektriese voertuie in…
28 Nov 12AM 1 min

Partye verwerp die uitslae, sal hof toe gaan

Dat stemdag in chaos ontaard het en die Verkiesingskommissie nie opgewasse was vir die taak nie, is volgens opposisiepartye ‘n feit soos ‘n koei. Nie die Affirmative Repositioning-beweging, die Republikeinse Party, die LPM of die PDM sal die uitslae aanvaar nie. Die IPC het reeds ‘n klag by die kommissie…
27 Nov 11PM 1 min