Woord vir Vandag - 13 Des 2024
Loading player...
“Dawid het met volle oorgawe voor die Here gedans terwyl hy ‘n linneskouerkleed aangehad het.” 2 Samuel 6:14 NLV
Loof God met oorgawe (1)
In 2 Samuel 6 is Dawid pas as koning van Israel gekroon. Hy het die Filistyne oorwin en Sion weer ingeneem. Hy is besig om die verbondsark, die grootste simbool van God se teenwoordigheid onder sy volk, terug na Jerusalem te neem. Nadat die volk jare daarsonder gelewe het, het die aanskoue daarvan Dawid met vreugde oorweldig. Hy het sy koninklike klere uitgetrek en met volle oorgawe in net ‘n linneskouerkleed voor die ark gedans. Tog, wanneer jy oor God opgewonde raak, moenie verwag dat almal saam met jou opgewonde sal raak of jou opgewondenheid sal verstaan nie. Dawid se vrou, Mikal, was so ‘n persoon. Die Bybel vertel ons twee dinge van haar: 1) ‘Terwyl die ark van die Here die Dawidstad binnegekom het, het Mikal, die dogter van Saul, bo uit haar venster gekyk. Toe sy koning Dawid sien spring en dans voor die Here, het sy hom stilweg verafsku’ (vers 16 NLV). 2) ‘Mikal het haar lewe lank kinderloos gebly’ (vers 23 NLV). Lofprysing lyk soms ‘n bietjie dwaas, nie waar nie? Jy sing vir iemand wat jy nie kan sien nie. Jy lig jou hande op na iemand waaraan jy nie kan raak nie. Of, soos in Dawid se geval, versuim jy om met koninklike waardigheid op te tree. Daar is ‘n ou gesegde wat lui: ‘Diegene wat nie die musiek hoor nie, dink die danser is mal.’ Dis wat in hierdie verhaal gebeur het. Dawid hoor die musiek en loof God met volle oorgawe. Mikal doen nie en verbeur dit waarna sy die meeste smag. Moenie die punt hier misloop nie. Wanneer jy die kritici ignoreer en besluit om God met jou hele hart te aanbid, begin jy geestelik floreer. As jy dit nie doen nie, word jy geestelik onvrugbaar.