Woord vir Vandag - 17 Des 2024

Loading player...
“Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dommigheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak…” 1 Korintiërs 1:27 NLV
Wees gewillig om dwaas te lyk
‘n Pastoor skryf: ‘Opname na opname het bevind dat die meeste mense se grootste vrees is om ‘n toespraak in die publiek te lewer. Dood is die tweede grootste vrees. Dit beteken dat sommige mense eerder sal sterf as om in die publiek te praat. Hoekom? Dis die vrees om dwaas te lyk. Geloof is egter die gewilligheid om dwaas te lyk. Noag het dwaas gelyk toe hy ‘n ark in die woestyn gebou het. Sara het dwaas gelyk toe sy op negentig begin babaklere koop het. Die Israeliete het dwaas gelyk toe hulle met trompette om Jerigo geloop het. Dawid het dwaas gelyk toe hy Goliat met ‘n slingervel aangeval het. Die wyse manne het dwaas gelyk toe hulle agter ‘n ster aangeloop het. Jesus het dwaas gelyk toe Hy halfnaak aan die kruis gehang het. Dis egter die kern van geloof. Die resultate spreek vir hulself. Noag is uit die vloed gered. Sara het geboorte aan Isak gegee. Jerigo se mure het ineengestort. Dawid het Goliat verslaan. Die wyse manne het die Messias gevind. Jesus het uit die dood opgestaan. Die grootste deurbrake, wonderwerke en omdraaipunte in die Skrif kan na iemand wat bereid was om dwaas te lyk, nagespeur word. Lees die volgende Skrifgedeelte: ‘’My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,’ sê die Here. ‘Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes’ (Jesaja 55:8-9 NLV). Hier is dus jou keuse: Lewe volgens aardse denke en wyses en word deur mense aanvaar, of lewe volgens hemelse denke en wyses en word deur God aanvaar. Wanneer jy dit uit hierdie perspektief sien, is jou keuse duidelik.
16 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2026

“Lord, how many times shall I forgive my brother or sister who sins against me?” Matthew 18:21 NIV Paid in full There is a saying in baseball: “Three strikes and you’re out.” We tend to play life the same way. We give people two or three chances, but no more…
23 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 30 April 2026

“…’Here, hoeveel maal moet ek ‘n ander gelowige vergewe wanneer hy sonde doen teen my?..’” Matteus 18:21 ABA Ten volle betaal Daar is ‘n gesegde in bofbal wat lui: ‘Three strikes and you’re out!’ Ons is geneig om die lewe op dieselfde manier te speel. Ons gee mense twee of…
23 Mar 2 min

Word for Today - 29 April 2026

“As a result, we stopped relying on ourselves and learned to rely only on God.” 2 Corinthians 1:9 NLT Rely on God, not yourself Several men went on a mission trip to Haiti where they met a nineteen-year-old young man who loved Christ deeply. So they invited him to visit…
23 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 29 April 2026

“…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…” 2 Korintiërs 1:9 ABA Vertrou op God, nie op jouself nie ‘n Groep mans het op ‘n sendingreis na Haïti gegaan waar hulle ‘n negentienjarige jongman ontmoet het wat Christus diep liefgehad het. Hulle het hom genooi…
23 Mar 2 min

Word for Today - 28 April 2026

“Wrath is cruel, and anger is outrageous; but who is able to stand before envy?” Proverbs 27:4 KJV Overcoming envy Unlike jealousy, which is the fear of being displaced, envy is ill-will toward those who possess something you want. Jealousy says, “I’m afraid you are going to take what I…
23 Mar 1 min