Woord vir Vandag - 17 Jan 2025
Loading player...
“…O God, wees my as sondaar genadig!” Lukas 18:13 NLV
Ons het almal dieselfde genade nodig
Jesus het gesê: ‘Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. Die Fariseër het stelling ingeneem en by homself gebid: ‘O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee ‘n tiende van alles wat ek verdien!’ Die tollenaar het op ‘n afstand stelling ingeneem en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my as ‘n sondaar genadig!’ Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is…’ (verse 10-14 NLV). Die verskil tussen hierdie twee mans was dat die Fariseër skuldig aan sondes van die gees was, terwyl die tollenaar skuldig aan sondes van die vlees was. Trots het die deur na die hemel vir die Fariseër toegemaak, maar nederigheid het die deur van die hemel vir die tollenaar oopgemaak. Die Fariseër het gesê dat hy onskuldig is, maar het skuldig huis toe gegaan. Die tollenaar het erken dat hy skuldig was en het onskuldig huis toe gegaan. Let op dat die tollenaar nie die gewone woord vir genade gebruik het nie. Die woord wat hier gebruik word, dateer terug na die Hebreeuse woord kippur toe, wat ‘versoening’ beteken. Die woord versoening beteken ‘om te bedek.’ Wat die tollenaar gesê het was: ‘God, ek erken ek is ‘n sondige man met 'n sondige hart. God, sal U my bedek?’ Dit is al wat God van hom moes hoor om hom te red - en dit is al wat God van jou ook moet hoor.