Woord vir Vandag - 15 Feb 2025
Loading player...
“Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer …” Kolossense 3:15 ABA
‘n Rustige gemoedstoestand
God wil hê dat jy ‘n rustige gemoedstoestand moet hê. Sy Woord sê: ‘Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer. God het julle gekies om een te wees, die een liggaam van Christus, sy kerk. Daarom moet julle in vrede met mekaar lewe. Julle moet ook dankbaar wees’ (vers 15 ABA). Geen posisie of besitting is dit werd as jy nie vrede het nie; geld, status, populariteit – dis alles sinloos as jy vrede kort. Jy kan eenvoudig nie ‘n prys op die waarde van vrede plaas nie. Baie van ons bestee ons lewens om die suksesleer te probeer uitklim, maar elke keer wat ons hoër beweeg, verloor ons meer van ons vrede en vreugde, om nie eers van tyd saam met ons familie te praat nie. Ons lewens word deur die druk en stres om vas te klou aan dit wat ons bereik het, verteer. Ons is egter nooit waarlik suksesvol as ons nie vrede het nie. Sommige van ons doen verskeie werke om dit wat die wêreld voor ons swaai en sê: ‘Jy moet hierdie hê om waarlik gelukkig te wees,’ te verkry. Ons kry daardie dinge, maar ons het steeds nie enige vrede nie. Romeine 14:17 sê vir ons: ‘As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daaroor dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk’ (NLV). God wil hê dat jou behoeftes oorvloedig vervul moet word en dat jy in ‘n posisie moet wees om ander mense te seën. Moet egter nie iets probeer bekom as jy dit nie vreedsaam kan hê nie.