Woord vir Vandag - 19 Feb 2025

Loading player...
“…Vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van sý sterkte!” Efesiërs 6:10 NLV
Almal het ‘n doring (2)
Paulus sê vir ons twee dinge van sy doring: Eerstens, dat dit ‘n boodskapper van Satan was om hom te kasty. Die woord ‘kasty’ beteken om ‘hou na hou te gee.’ Dit was nie een geveg nie, maar 'n reeks aanvalle wat nie opgehou het nie. Satan weet wat jou swakste areas is en sal jou herhaaldelik in daardie areas aanval. Hoe kan jy hom oorwin? Die Bybel sê vir ons: ‘…Vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes’ (verse 10-12 NLV). Tweedens, die doring was in sy ‘vlees.’ Jy is ‘n wedergebore gees, wat in ‘n onwedergebore liggaam leef. Dis hoekom die Bybel ons beveel om die vlees te kruisig, die vlees uit te honger en te weier om aan die begeertes van die vlees toe te gee. Met God se krag kan jy dit doen: ‘Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die geneigdheid van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word’ (2 Petrus 1:3-4 NLV).
18 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min