Woord vir Vandag - 19 Feb 2025

Loading player...
“…Vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van sý sterkte!” Efesiërs 6:10 NLV
Almal het ‘n doring (2)
Paulus sê vir ons twee dinge van sy doring: Eerstens, dat dit ‘n boodskapper van Satan was om hom te kasty. Die woord ‘kasty’ beteken om ‘hou na hou te gee.’ Dit was nie een geveg nie, maar 'n reeks aanvalle wat nie opgehou het nie. Satan weet wat jou swakste areas is en sal jou herhaaldelik in daardie areas aanval. Hoe kan jy hom oorwin? Die Bybel sê vir ons: ‘…Vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes’ (verse 10-12 NLV). Tweedens, die doring was in sy ‘vlees.’ Jy is ‘n wedergebore gees, wat in ‘n onwedergebore liggaam leef. Dis hoekom die Bybel ons beveel om die vlees te kruisig, die vlees uit te honger en te weier om aan die begeertes van die vlees toe te gee. Met God se krag kan jy dit doen: ‘Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die geneigdheid van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word’ (2 Petrus 1:3-4 NLV).
18 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 26 Aug 2025

“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal…” Romeine 8:37 NLV Geroep om te oorwin (3) Het jy al van die beginsel van superkompensasie gehoor? ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer ‘n atleet verby die drumpel van pyn en uitputting gedruk word,…
25 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 25 Aug 2025

“…Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.” 1 Johannes 5:4 NLV Geroep om te oorwin (2) ‘n Pastoor moedig ons aan: ‘Die psigoanalis, Alfred Adler, het ‘n fassinerende navorsingsprojek oor die teorie van kompensasie van stapel gestuur. Hy het kunsstudente bestudeer en ontdek dat sewentig persent van…
24 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 24 Aug 2025

“Almal wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf…” Openbaring 21:7 NLV Geroep om te oorwin (1) ‘n Pastoor skryf: ‘Almal van ons wil hê dat elke dag ‘n goeie dag moet wees. As elke dag egter ‘n goeie dag was, sou daar geen ‘goeie’ dae wees nie, want daar sou…
23 Aug 2 min

Word for Today - 26 Aug 2025

“In all these things we are more than conquerors.” Romans 8:37 NKJV Called to overcome (3) Have you heard of the principle of supercompensation? A pastor explains: “When an athlete is pushed beyond the threshold of pain and exhaustion, the body overcompensates. The more a muscle is broken down, the…
25 Aug 2 min

Word for Today - 25 Aug 2025

“This is the victory that has overcome the world—our faith.” 1 John 5:4 NKJV Called to overcome (2) A pastor encourages us: “Psychoanalyst Alfred Adler conducted a fascinating research project that popularized the theory of compensation. He studied art students and discovered that seventy percent of them suffered from optical…
24 Aug 2 min