Woord vir Vandag - 21 Feb 2025

Loading player...
“…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag… Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê” Hebreërs 12:1 NLV
Wat weerhou jou daarvan om te wen?
In antieke Griekeland het atlete met gewigte wat aan hulle liggame vasgemaak was, geoefen. Op die dag van die wedloop, het hulle dit egter afgehaal om te wen. Wat weerhou jou daarvan om te hardloop en te wen? 1) Vergelyk jy jouself met ander? Die enigste persoon met wie jy jou moet vergelyk, is met jouself. Jou doelwit is om vandag beter te word as wat jy gister was. Jy doen dit deur op dit wat jy vandag kan doen om te verbeter en te ontwikkel, te konsentreer. As jy dit gereeld doen en as jy die manier waarop jy weke, maande of jare gelede was met hoe jy vandag is vergelyk, behoort jy aansienlik deur jou vordering bemoedig te word. 2) Beperkte visie? As gevolg van die manier waarop hulle grootgemaak is, of sekere foute wat hulle dalk in die lewe gemaak het, glo baie mense dat hulle nie groot dinge kan bereik nie. Die grootste beperking wat mense egter ervaar, is tipies dié wat hulle op hulself plaas. Wat as jy byvoorbeeld ‘n vreemde taal wil leer, maar jy dink dat jy dit nie kan doen nie? Sodra jy daardie foutiewe geloofstelsel ontbloot het, sal jy verstaan hoe beperk jy sal wees indien jy nie die taal aanleer nie. Stel jou dan voor hoe dit sal wees wanneer jy daardie taal aanleer. Hoe sal dit jou laat voel? Wat sal dit jou in staat stel om te doen? Skryf dan ‘n inspirerende stelling wat jou vermoë om die taal aan te leer, ondersteun! Eis die volgende belofte op: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (Filippense 4:13 NLV). Dit beteken dat jy met God se hulp kan wen.
20 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min