Woord vir Vandag - 23 Feb 2025

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie...” Galasiërs 6:9 NLV
Volhard en jy sal sukses behaal
Jy sal allerhande soorte probleme in die lewe hê. Wat moet jy dus doen? Volhard! Maak nie saak wat in jou lewe aangaan nie, die oorwinning lê daarin om te weier om tou op te gooi. Hou in gedagte dat tydens die hitte van jou stryd die Heilige Gees dikwels sy grootste werk in jou doen. Paulus skryf: ‘…ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter…’ (Romeine 5:3-4 NLV). God sal jou deur enigiets lei as jy net sal vasbyt en Hom volg. Dit beteken om ywerig in gebed, meedoënloos in jou vasberadenheid, onwrikbaar in geloof en vasbeslote om op God se Woord en sy beloftes aan jou vas te staan, te wees. Moenie dat jou aandag deur hoe stadig dinge op die oomblik lyk asof dit gebeur, afgetrek word nie. Wanneer jy in die ‘daar gaan nie veel aan nie’ fase is, is dit dikwels wanneer God ‘n sterk fondasie lê om iets betekenisvol in jou en deur jou te doen. Die Here se werk in jou is voorbereiding vir die werk wat Hy deur jou wil doen. Wanneer die lewe moeilik en vordering te stadig lyk, moet jy God vra om jou te help om standvastig te wees. Hy sal dit doen. Hier is twee Skrifgedeeltes waarop jy vandag kan staan: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes’ (Galasiërs 6:9 NLV). ‘Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV).
22 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min