Woord vir Vandag - 25 Feb 2025

Loading player...
“…Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor God opgestyg.” Handelinge 10:4 AFR20
Jou gebede sal beantwoord word
God het vir Kornelius gesê: ‘…Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor [My] opgestyg.’ Gedenkoffers word gewoonlik deur mense wat gesterf en weg is, gegee. Wat ‘n wonderlike belofte is dit nie. Selfs nadat jy hemel toe gegaan het, word die gebede wat jy vir jou geliefdes gebid het ‘n gedenkoffer voor God, wat sy aandag trek en Hom tot aksie laat oorgaan. Moet dus nie ophou bid nie. Sint Augustine word as een van die invloedrykste figure in die geskiedenis van die Christendom beskou, maar sy lewe het nie goed begin nie. Die jong Aurelius Augustinus het vir drie dekades in totale onsedelikheid geleef. Vir elk van daardie dekades het sy moeder, Monica, vir hom gebid. Sy het die hemel met gebede oor hom gebombardeer. Monica het lank genoeg gelewe om te sien hoe haar seun ‘n kragtige man van God word. Jy mag dalk nie lank genoeg lewe om te sien hoe jou geliefde na Christus draai nie, maar weet dat God sê: ‘Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor [My] opgestyg.’ Ons praat hier van die nadoodse krag van gebed. Johannes het ‘n blik daarvan gekry toe hy die hemel besoek het: ‘’n Ander engel het nadergekom en by die altaar gaan staan. Hy het ‘n goue wierookbak vasgehou. Baie reukwerk is aan hom gegee om dit te meng met die gebede van almal wat aan God toegewy is, en om dit op die goue altaar wat voor die troon staan, te offer. Die rookwolk van die reukwerk wat deur die engel geoffer is, het gemeng met die gebede van hulle wat aan God toegewy is, en het opgestyg voor God’ (Openbaring 8:3-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – hou aan bid en God sal jou gebede beantwoord.
24 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min