Woord vir Vandag - 26 Feb 2025

Loading player...
“Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…” Romeine 12:6 NLV
Ontdek dit wat jou spesiaal maak
‘n Fassinerende studie is oor uiteenlopende denke – mense wat buite die boks dink – gedoen. Die resultate? Agt-en-negentig persent van kinders tussen die ouderdom van drie en vyf jaar oud het in die genie kategorie van uiteenlopende denke geval. Tussen agt en tien het daardie getal tot 32 persent geval. Teen die tyd wat hulle tieners word, val daardie getal tot 10 persent. Net twee persent van diegene oor die ouderdom van 25 jaar het in die genie kategorie vir uiteenlopende denke geval. Dit beteken hoe ouer mens word, hoe groter word jou geneigdheid om verandering teen te staan. Dit beteken ook dat jy dalk nie jou Godgegewe opdrag mag ontdek of die vaardighede ontwikkel om dit te vervul nie. Die Bybel sê: ‘Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het… Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…’ (Romeine 12:4, 6 NLV). God se plan vir jou lewe sluit in dat jy uitvind wat jou anders maak en dat jy die dinge wat jy goed doen, moet ontdek. Te veel individue in te veel kerke lyk en tree dieselfde op. As daar egter een plek is wat diversiteit moet vier, is dit die kerk. Daar was nog nooit en daar sal ook nooit weer ‘n persoon soos jy wees nie. Dit beteken dat jy moet uitvind wie jy is, en wie jy nie is nie. Dink daaroor: Sal jy nie eerder geminag word vir wie jy is as wat mense van jou hou vir wie jy nie is nie? Indien dit die geval is, moet jy ontdek wat jou spesiaal maak.
25 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min