Woord vir Vandag - 27 Feb 2025

Loading player...
“…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is.” Daniël 11:32 NLV
Wees Bybels; wees vrymoedig!
Die Bybel sê: ‘…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is.’ Hierdie Skrifgedeelte is nie ‘n lisensie om arrogant of onsensitief teenoor ander mense se gevoelens te wees, of ‘n oordrewe opinie van jouself te hê nie. Dit beteken dat wanneer jy God se Woord, God se maniere en God se wil verstaan, sal jy vertroue hê in wie jy is en in dit wat God jou geroep het om te doen. Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer probeer doen? Jy sê: ‘Ek is bang ek misluk.’ Almal misluk; die wenners is diegene wat aanhou om weer op te staan. Blykbaar het sommige mense in die Nuwe Testamentiese kerk gedink dat Timoteus te jonk was om in die leierskap te dien, dus het Paulus hom aangemoedig om vrymoedig in sy roeping te wees: ‘Timoteus, ek dank God vir jou… Ek weet dat jy die Here opreg vertrou, want jy het dieselfde geloof as jou ma, Eunice, en jou ouma Loïs. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur aan te blaas. Want God het ons nie ‘n gees van skugterheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Jy moet dus nooit skaam wees om ander van ons Here te vertel nie… Met die krag wat God jou gee, moet jy gereed wees om saam met my vir die uitdra van die Goeie Nuus te ly’ (2 Timoteus 1:3, 5-8 NLV). God het nie belowe dat jy nie swaarkry sal ervaar wanneer jy dit doen waarvoor Hy jou geroep het nie, maar Hy het belowe dat jy sal slaag. Die woord vir jou vandag is dus – wees Bybels; wees vrymoedig!
26 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min