Woord vir Vandag 28 Feb 2025

Loading player...
“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof…” Romeine 1:17 AFR53
Jy is in die skool van geloof
Daar is ‘n verhaal van ‘n ma wat vir haar seun gesê het: ‘Dis tyd om op te staan en skool toe te gaan.’ Hy het geantwoord: ‘Ek gaan nie vandag skool toe nie!’ Sy ma het gevra: ‘Hoekom nie?’ Hy het geantwoord: ‘Want die kinders haat my en die onderwysers kritiseer my. Hoekom moet ek skool toe gaan en dit alles deurmaak?’ Sy ma het geantwoord: ‘Want jy is die skoolhoof!’ Die Christelike lewe is ‘n skool. Paulus beskryf elke graad om van ‘geloof tot geloof’ te gaan. In die skool van geloof is die Heilige Gees die onderwyser en die Bybel is die handboek. As jy goed studeer en op jouself toepas, kan jy deur die grade op beweeg. Indien jy dit nie doen nie, sal jy in dieselfde graad bly totdat jy die lesse geleer het en die toetse kan slaag. Jy is soos die dame wat geskerts het: ‘My gunsteling graad was graad vyf. Drie van my gelukkigste jare het ek in daardie graad deurgebring!’ Tensy jy wil hê dat dit jou lot moet wees, lees hierdie woorde en neem dit ter harte: ‘Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik’ (2 Timoteus 2:15 NLV). As jy God wil ken, moet jy Hom in die bladsye van sy Woord ontmoet. Jy sal ook met die Heilige Gees gevul moet bly: ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee’ (2 Korintiërs 3:18 NLV).
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min