Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster

Loading player...
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van get\Worth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie’. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle vertel jou alles daarvan.
27 Feb Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman…
16 May 23 min

Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in ’n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee…
8 May 27 min

Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50

In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel ’n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak ’n draai…
2 May 26 min

Wiele2Wiele: Alles wat jy oor Simola-heuwelren moet weet

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola-heuwelren, wat van 1 tot 4 Mei 2025 in Knysna plaasvind. Suzuki Suid-Afrika sal daar wees om te wys jy hoef nie sakke vol geld of ’n monster-enjin te hê om deel te wees van een van die…
24 Apr 24 min

Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf

In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit…
17 Apr 26 min