Woord vir Vandag - 1 Mrt 2025

Loading player...
“Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak...” Matteus 9:36 NLV
Medelye
Wanneer jy selfbehep en net op jou eie belange gefokus is, is dit maklik om mense in nood mis te kyk en geen besorgdheid te toon nie. Wanneer jy egter jou lewe aan Christus toevertrou en in sy voetspore volg, verander jou gesindheid. ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ‘n wagter wat na hulle omsien. Daarop sê Hy vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’’ (verse 36-38 NLV). Jesus was ontroerd deur mense wat weerloos was. Die stres van die lewe het hulle afgemat en die laste wat hulle gedra het was swaar. Hulle was mense met geen rigting, geen fokus, geen doelwitte in die lewe nie. Wat was Christus se reaksie? Omdat die behoefte so groot was, het Hy vir sy dissipels gesê om te bid dat God ‘werkers vir sy oesland voorsien.’ ‘n Mens kry net soveel tyd om ‘n oes in te samel, anders verloor jy dit. Moenie die punt wat Jesus maak, of die dringendheid daarvan, misloop nie. Jy is geroep om medelye teenoor die mense rondom jou wat moeg en weerloos is te bewys en elke geleentheid om hulle na Jesus toe te bring, aan te gryp. ‘n Man wat nie kon loop nie het by die tempelhekke gesit en bedel. Dag na dag het die skare verby hom geloop, maar nie Petrus en Johannes nie (sien Handelinge 3:1-11). Wanneer jy skielik deur ‘n behoefte waar jy telkemale al verbygeloop het, ontroer word, is God besig om vir jou te sê om betrokke te raak en iets daaraan te doen.
28 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min