Woord vir Vandag - 2 Mrt 2025

Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Romeine 8:37 NLV
Raak van die mislukkingsindroom ontslae
Wanneer jy mishandel, verwerp en verlaat is, is dit maklik om skaam te word en met ‘n slegte selfbeeld op te eindig. Die duiwel weet dit, dus sal hy jou selfvertroue op elke moontlik geleentheid aanval. Hy wil hê dat jy moet glo dat jy ‘n mislukking is, want sonder selfvertroue sal jy nooit die moed hê om die dinge wat jy werklik wil doen, aan te pak nie. Hy wil nie hê dat jy God se plan vir jou lewe moet vervul nie. As hy jou kan laat glo dat jy nie daartoe in staat is nie, sal jy nie eens probeer om iets wat die moeite werd is aan te pak nie. Wanneer jy egter wel ‘n poging daartoe aanwend, sal jou vrees vir mislukking jou nederlaag verseël, wat jy weens ’n gebrek aan selfvertroue waarskynlik van die begin af verwag het. Dit word dikwels ‘n ‘mislukkingsindroom’ genoem. Jy misluk as gevolg van verkeerde oortuigings en jy hou aan om verkeerde oortuigings te hê omdat jy misluk. Dis moeilik om te weet watter een eerste gekom het, maar jy bevind jouself in ‘n strik waaruit jy nie kan ontsnap nie. Wat is dan die antwoord? As verloste kind van God, sê die Bybel dat jy ‘in Christus’ is. Jesus het Satan oorwin en oor hom by die kruis getriomfeer. Omdat jy ‘in Christus’ is, is sy oorwinning jou oorwinning. Jy kan uit die mislukkingsindroom breek en begin om sukses in die lewe te behaal, want: ‘Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.’ Ongeag wat in die verlede met jou gebeur het, het God ‘n wonderlike toekoms vir jou in gedagte.
1 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min