Woord vir Vandag - 3 Mrt 2025

Loading player...
“…die Heilige Gees [het] gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” Handelinge 13:2 NLV
Groepsleiding
‘n Groep gelowiges het gereeld bymekaar gekom en baie tyd daaraan bestee om te bid, te vas en God te aanbid. Gevolglik het die Heilige Gees gesê: ‘…Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’ Hoe het hulle geweet dat die Heilige Gees dit vir hulle gesê het? Die Skrifgedeelte maak nie melding daarvan nie. Dit mag dalk ‘n dramatiese oomblik gewees het. Dit mag dalk wees dat hulle eers later, toe hulle daarop teruggekyk het, besef het dat die Gees hulle gelei het. Wat egter seker is, is dat hulle saam leiding van God ontvang het. Wanneer dit by leiding kom, loop ons soms as gevolg van beperkte denke die hele reeks opsies wat God voor ons plaas mis. ‘n Christelike skrywer verduidelik: ‘Ons vra dinge soos: ‘Moet ek hierdie verhouding beëindig of nie?’ in plaas van: ‘Hoe kan ek hierdie verhouding beter maak?’ Of ‘Moet ek dit koop of nie?’ in plaas van ‘Wat is die beste manier waarmee ek hierdie geld kan gebruik?’ Ons is geneig om aan bevestigingsvooroordeel te ly. Ons soek na inligting wat dit wat ons reeds wil hê bevestig, eerder as om na die waarheid te soek. Ons gee voor asof ons die waarheid wil hê, maar wat ons werklik wil hê, is gerusstelling oor die standpunte wat ons reeds ingeneem het.’ Jesaja het vir die mense gesê: ‘Hulle sê vir die sieners: ‘Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!’ En vir die profete sê hulle: ‘Ons wil nie die waarheid hoor nie! Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur. Vertel vir ons leuens!’’ (Jesaja 30:10 NLV). Wanneer jy leiding soek, moet jy dus eerlik, oop en gewillig wees.
2 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min