Woord vir Vandag - 4 Mrt 2025

Loading player...
“Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.” 1 Petrus 5:7 NLV
God gee vir jou om
Charles Weigle was 'n rondreisende evangelis wat daarvan gehou het om te reis en te preek, ten spyte van die swaarkry op die pad. Sy vrou het egter met haar dikwels afwesige man ontnugter geraak. Een dag het Charles by die huis opgedaag en ‘n nota gekry: ‘Charlie, ek was ‘n dwaas. Ek het sonder baie dinge klaargekom, maar van nou af gaan ek alles kry wat die wêreld my skuld. Ek weet jy sal aanhou om ‘n dwaas vir Jesus te wees, maar vir my is dit totsiens!’ Charles was geskok en depressie het soos ‘n groot golf oor hom gespoel. Een dag, toe hy op die stoep van sy kothuis sit, het hy selfdood oorweeg, ‘n Stem binne hom het gefluister: ‘Jou bediening is klaar. Niemand gee meer om nie.’ ‘n Ander stem het egter deur die swart wolk gebreek: ‘Charlie, Ek het nie van jou vergeet nie; Ek gee vir jou om.’ Charles het onmiddellik op sy knieë neergeval en sy lewe opnuut aan Christus toegewy. Later het hy die woorde van een van die mees geliefde gesange geskryf: ‘I would love to tell you what I think of Jesus, since I found in Him a friend so strong and true; I would tell you how He changed my life completely, He did something that no other friend could do. No one ever cared for me like Jesus, there’s no other friend so kind as He; no one else could take the sin and darkness from me, o how much He cared for me.’ Het die verantwoordelikhede wat jy dra jou tot by ‘n breekpunt gebring? Is die hartseer meer as wat jy kan hanteer? Die woord vir jou vandag is: ‘Gee al [jou] bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir [jou] om.’
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min