Woord vir Vandag - 5 Mrt 2025

Loading player...
“’My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,’ sê die Here.” Jesaja 55:8 NLV
Omarm onsekerheid en volg God
‘n Deel van ons voel asof daar iets geestelik met ons verkeerd is wanneer ons onsekerheid ervaar. Dit is egter presies wat Jesus ons beloof het wanneer ons uit die Gees gebore word en Hom begin volg: ‘Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is’ (Johannes 3:8 NLV). Wanneer jy deur die Gees van God gelei word, kan jy dikwels nie beskryf hoe dit gebeur nie. Selfs wanneer jy dag en nag daaroor nagedink het, sê God: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie.’ Enigiets kan dus gebeur wanneer jy God volg. Jy weet nooit wie jy gaan ontmoet, waarheen jy gaan of wat jy gaan doen nie. Hoe vinniger jy vrede met hierdie geestelike waarheid maak, hoe meer sal jy die reis geniet. Andersins sal jy met ‘n selfbehepte geestelikheid wat jou leeg laat voel, opeindig. In plaas daarvan om die Gees te volg, nooi jy dan die Gees uit om jou te volg. In plaas daarvan om God se doelwitte te dien, wil jy hê dat Hy jou doelwitte moet dien. Alhoewel dit na 'n subtiele onderskeid mag lyk, maak dit ‘n massiewe verskil. Hier is dus jou opsies: 1) Volg die pad van sekerheid, wat jou in beheer hou, maar die avontuur wat God vir jou in gedagte het, by jou steel. 2) Aanvaar die onsekerheid van die ‘hoe’ en ‘waar’ wanneer jy besluit om God te volg en staan op hierdie belofte: ‘Op u ontferming kan mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:23 NLV).
4 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min