Woord vir Vandag - 6 Mrt 2025

Loading player...
“Maar laat die volk van Israel na Karmelberg toe kom...” 1 Konings 18:19 NLV
Toenemende seën
Die grootste hoofstuk in Elia se lewensverhaal het op Karmelberg plaasgevind. Dis toe hy vuur uit die hemel laat afkom het, die profete van Baäl verslaan het en die harte van die Israeliete na God teruggedraai het. Die woord ‘Karmel’ beteken ‘vrugbare grond.’ Voor Elia egter by Karmelberg kon uitkom, moes hy eers na twee ander plekke toe gaan: Eerstens het God hom na die Kritspruit toe gestuur. Die woord ‘Krit’ beteken ‘om ‘n verbond te sluit met.’ Dit was hier waar Elia besef het dat God ‘n verbond maak en sy Woord hou, wat jou deur die moeilikste tye kan bring. Dit was hier waar die kraaie vir Elia tydens ‘n droogte en hongersnood daagliks kos gebring het en waar hy die verfrissende water uit die spruit kon drink. Die Bybel sê egter: ‘Na ‘n tyd het die spruit egter opgedroog…’ (1 Konings 17:7 NLV). Wanneer God toelaat dat jou spruit opdroog, is dit om jou sodoende na die ware bron, Homself, terug te dryf waar jy verdere instruksies kan ontvang. Tweedens, het God hom na ‘n weduwee in Sarfat gelei. Die woord ‘Sarfat’ beteken ‘om in ‘n smeltkroes te suiwer.’ Goud, in sy oorspronklike vorm, is nie suiwer nie. Dit moet gesuiwer word deur dit tot kookpunt te verhit. Die hitte skei die onsuiwerhede van die goud, wat dan na die oppervlak kom en afgeskep kan word. God sal dieselfde vir jou deur die hitte van beproewinge doen om die goud in jou lewe van die skuim te skei. Hy weet watter ervarings jy nodig het om jou na Karmelberg, die plek van vrugbare grond, te bring. Vertrou dus op Hom. Hy weet wat Hy doen.
5 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min