Woord vir Vandag - 7 Mrt 2025

Loading player...
“…die Gees van die Here het my weggeneem na ‘n vallei vol… ou, droë, bene…” Esegiël 37:1-2 NLV
Is God besig om jou te skud?
God het vir Esegiël gesê om sy Woord aan ‘n vallei vol bene te profeteer, wat toe ‘n magtige leër geword het. Hierdie bene was oud, droog en het die hele valleivloer vol gelê. Dit mag dalk beskryf waar jy vandag is. Jou hoop is dood, jou siel is droog, jou lewe is in wanorde. Wat is die antwoord? 1) Jy het nodig dat God dinge in jou lewe skud. ‘…Skielik was daar ‘n gedreun… Die bene van elke liggaam het bymekaargekom’ (vers 7 NLV). Wanneer dit voel of dinge in jou persoonlike lewe, jou huislewe en jou werkslewe geskud word, moet jy bly wees; dit beteken dat God groot planne vir jou het. 2) Jy het nodig dat God deur sy Woord met jou praat. ‘…Droë bene, luister na die woord van die Here!’ (vers 4 NLV). God se Woord het ‘n klomp bene in ‘n leërmag wat kon verower, oorwin en sy doelwitte vervul, verander. God se Woord kan dieselfde vir jou doen. 3) Jy het nodig dat God sy Heilige Gees in jou blaas. ‘…Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewend kan word!’… Hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan, ‘n groot klomp mense’ (Esegiël 37:9-10 NLV). Wanneer jy deur sy Gees bemagtig word, sal jy jou eie verwagtinge oorskry en groot dinge vir God doen. Esegiël kon nie die potensiaal in daardie bene sien nie, totdat God dit vir hom gewys het. Maak dus nie saak wat ander mense sê nie, God sien potensiaal in jou en dis hoekom Hy besig is om jou te skud.
6 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min