Woord vir Vandag - 8 Mrt 2025

Loading player...
“Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom…” Jakobus 4:8 NLV
Probleme? Kom nader aan God
Ons sê dat ons God vertrou, maar ons vrees dikwels dat Hy nie daar vir ons gaan wees wanneer ons Hom die nodigste het nie. Dus neem ons verkeerdelik aan dat as ons aanhou om aan die probleem te dink en ons genoeg daaroor bekommer, sal ons op ‘n manier dit self kan oplos, net vir ingeval God nie opdaag en iets volgens ons tydrooster doen nie. Dit bring ons nader aan ons probleme, maar nie aan die Een wat dit kan oplos nie. Wanneer ons egter kies om te glo dat God in beheer van ons lewens is en enige situasie waarin ons onsself bevind kan hanteer, beweeg ons nader aan God en lyk ons probleme nie meer so kommerwekkend nie. Dit werk as volg: Hoe nader jy aan die probleem beweeg, hoe kleiner lyk God en hoe nader jy aan God beweeg, hoe kleiner lyk die probleem. Die Bybel sê: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie’ (Spreuke 3:5 NLV). Deur op God te vertrou, sal jou daarvan weerhou om dinge te probeer uitpluis waarvoor jy nog nie antwoorde het nie. In plaas daarvan om na die neulende stem te luister wat sê: ‘Wat gaan jy doen?’ beweeg eerder nader aan God en sê: ‘Ek gaan op God vertrou om my te wys wat ek moet doen.’ Dawid het verklaar: ‘My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd… dit is goed om naby God te wees!..’ (Psalm 73:26, 28 NLV). Waar is God wanneer jy Hom die nodigste het? Reg langs jou!
7 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min