Woord vir Vandag - 9 Mrt 2025

Loading player...
“Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.” Johannes 17:18 NLV
Moenie vermy nie – raak betrokke
Jesus het in Johannes 17:15-18 gebid: ‘Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle vir U geheilig wees deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid. Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur’ (NLV). Waarheen het Jesus sy dissipels gestuur? Na die wêreld toe. Hy het nie gesê: ‘Probeer die wêreld vermy. Gaan net met die Christene in die kerk om en hou julle afstand van mense wat slegte taal gebruik en slegte mense is,’ nie. Hy sê dat jy in hierdie wêreld is om as verteenwoordiger van God na jou werk, jou buurt, jou omstandighede en jou situasies gestuur te word. Hy sê: ‘…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook’ (Johannes 20:21 NLV). Ons word nie geroep om die wêreld te vermy nie, maar om daarby betrokke te raak. Jy sê: ‘Maar ek voel nie gemaklik tussen sulke mense nie.’ Vra God dan om jou meer soos Jesus te maak, wat as ‘n vriend van sondaars bekend gestaan het (sien Lukas 7:34). Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in…’ (Matteus 10:16 NLV). Dit verg twee dinge vir skape om tussen wolwe te oorleef: dapperheid en wysheid. Dit verg ook totale toewyding. Albert Schweitzer het sy aansien as ‘n voortreflike teoloog en wêreldklas musikant prysgegee om die armste mense op ‘n ander kontinent te dien. Waartoe God jou ook al geroep het, dit sal behels om mense lief te hê en jouself aan hulle te gee.
8 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min