Woord vir Vandag - 10 Mrt 2025

Loading player...
“Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê…” Johannes 13:34 NLV
Jy word beveel om lief te hê
Liefde is nie ‘n emosie nie, omdat jy nie iemand kan beveel om ‘n sekere manier te voel nie. Om iemand lief te hê is ‘n keuse wat in jou houding en aksies teenoor daardie persoon, gemanifesteer word. Jesus het gesê: ‘Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (verse 34-35 NLV). Jesus het hierdie ‘’n nuwe opdrag,’ genoem. Wat is nuut daaraan? Hierdie woorde: ‘soos Ek julle liefhet.’ Omdat Christus in jou leef, kan jy ander mense met sy liefde liefhê. Jesus het altyd sy dissipels eerste gestel – Hy het hulle voete gewas, hulle uit storms gered en hulle geduldig geleer. Jy sê: ‘Maar hoe kan ek iemand liefhê waarvan ek nie eers hou nie?’ Jesus antwoord: ‘Soos Ek julle liefhet.’ C.S. Lewis vertel hoe hy ander mense se foute op ‘n ander wyse begin sien het: ‘Daar is iemand vir wie ek lief is, al keur ek nie goed wat hy doen nie. Daar is iemand wat ek aanvaar, hoewel sommige van sy gedagtes en optrede my in opstand laat kom. Daar is iemand wat ek vergewe, al maak hy die mense vir wie ek die liefste is, seer. Daardie persoon is ek… As ek myself kan liefhê sonder om alles wat ek doen goed te keur, kan ek ander ook liefhê sonder om alles wat hulle doen goed te keur.’ Dit wat Jesus jou beveel om te doen, bemagtig Hy jou ook om te doen: ‘...Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het’ (Romeine 5:5 NLV).
9 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min