Woord vir Vandag - 11 Mrt 2025

Loading player...
“…Ons is tog net diensknegte deur wie julle tot die geloof gekom het…” 1 Korintiërs 3:5 NLV
Saai net die saad
Een dag toe Charles Colson geskeduleer was om vir driehonderd gevangenes by die San Quentin tronk te preek, is daar ‘n inspeksie uitgeroep en die meeste van die gevangenes is tot hulle tronkselle beperk. Colson het besluit om voort te gaan en vir die paar gevangenes wat toegelaat was om sy preek by te woon, die boodskap wat hy voorberei het te gee. Later, toe hy sy teleurstelling uitspreek dat die driehonderd gevangenes nie sy preek kon bywoon nie, is daar vir hom gesê: ‘Ons het jou boodskap opgeneem en gaan dit verskeie kere vir die meer as tweeduisend gevangenes in die tronk wys.’ Wat as Colson tot sy teleurstelling ingegee het en net ‘n kort toespraak, in plaas van die volle evangelistiese boodskap wat hy voorberei het, gegee het? Meer as tweeduisend gevangenes sou dan nie die evangelie gehoor het nie. ‘n Geleentheid mag dalk opduik waar jy die enigste persoon beskikbaar is om namens God te praat. Sal jy betroubaar in so ‘n oomblik wees? Jy is die belangrikste persoon in die wêreld vir God wanneer jy die een is wat Hy geroep het om iets vir Hom te doen. Die boodskap is egter belangriker as die boodskapper. Paulus skryf: ‘…Ons is tog net diensknegte deur wie julle tot die geloof gekom het. Elkeen van ons het maar net die werk gedoen wat die Here aan ons toevertrou het. My werk was om die saad te plant. Apollos moes dit natgooi. Maar God het laat groei. Wie plant en wie natgooi, is nie belangrik nie. Die belangrike Een is God, want dit is Hý wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, werk saam en het een gesamentlike doel, alhoewel elkeen sy eie beloning sal ontvang in ooreenstemming met sy eie harde werk’ (verse 5-8 NLV).
10 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min