Woord vir Vandag - 12 Mrt 2025

Loading player...
“Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee.” Filippense 4:13 NLV
Sien jouself as waardevol (1)
Toe God die eerste mens gemaak het, het Hy gesien dat sy skepping ‘goed’ was. Dit beteken dat elke persoon wat al ooit gebore is, insluitend jy, sade van sukses binne hom het. Al wat jy moet doen is om hulle water te gee en te voed; en hulle sal groei. Hoekom versuim so baie mense dan om hulle Godgegewe potensiaal in die lewe te bereik? Een van die sleutelredes is ‘n lae selfbeeld; hulle glo nie in hulself nie. Hulle beskik oor honderde moontlikhede, maar hulle oortuig hulself dat hulle nie in staat is om te leer en te groei tot iets wonderliks nie. As jy nie glo dat jy waardevol en die moeite werd is om in te belê nie, sal jy nooit die tyd en moeite wat nodig is om te ontwikkel tot wat God jou gemaak het om te wees, bestee nie. Zig Ziglar het gesê: ‘Dit is onmoontlik om konsekwent op ‘n manier wat nie ooreenstem met hoe ons onsself sien nie, op te tree. Ons kan baie min dinge op ‘n positiewe manier doen as ons negatief oor onsself voel.’ Paulus was nederig. Hy was bewus van sy totale afhanklikheid van God. Hy het egter ook ‘n gesonde sin van sy selfwaarde gehad. Hier is wat hy aan die mense wat in hom geglo het en sy bediening ondersteun het, geskryf het: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee. Nietemin, julle het goedgedoen deur my in my swaarkry by te staan’ (verse 13-14 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: Sien jouself as waardevol, want God doen.
11 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min