Woord vir Vandag - 13 Mrt 2025

Loading player...
“Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet…” Jesaja 43:4 NLV
Sien jouself as waardevol (2)
As jy ‘n 10 wil wees, maar jou selfbeeld is ‘n 5, sal jou nooit die vlak van ‘n 10 bereik nie. Jy sal ‘n 5 of laer bereik. Jy kan nie die beeld wat jy van jouself het oortref nie. ‘n Lae selfbeeld plaas ‘n beperking op jou potensiaal. Waar kom ons lae selfbeeld vandaan? Van ander mense. Wanneer die belangrikste mense in jou lewe herhaaldelik vir jou sê dat hulle verwag dat jy nêrens gaan kom of niks waardevols gaan bereik nie, is dit wat jy uiteindelik van jouself begin glo. Dis soos om ‘n virus op jou rekenaar af te laai; dit vernietig jou Godgegewe potensiaal. Wat is dan die antwoord? In plaas daarvan om dit wat ander mense van jou sê te glo, vind uit wat God van jou sê. Wie ken immers die waarde en potensiaal van ‘n produk beter as die vervaardiger wat dit gemaak het? Toe God vir Jeremia geroep het om ‘n profeet vir die volk Israel te wees, het Jeremia gesê: ‘...ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!’ (Jeremia 1:6 NLV). Miskien kan jy met Jeremia indentifiseer: ‘Ek is te jonk, of te oud, of nie die regte nasionaliteit nie, of nie opgevoed genoeg nie, of nie ryk genoeg nie.’ Let op wat God vir Jeremia geantwoord het: ‘Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm!’ (verse 7-8 NLV). Om jou selfbeeld te verander, beteken dat jy die manier wat jy met jouself praat moet verander. Om jouself as waardevol te sien, moet jy jouself begin sien soos God jou sien.
12 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min