Woord vir Vandag - 14 Mrt 2025

Loading player...
“…Hulle het toe met die goeie werk begin.” Nehemia 2:18 NLV
Bid daaroor en neem dan aksie
Daar is ‘n tyd om te bid en ‘n tyd om aksie te neem. Soms beteken dit om die werksaansoek in te vul, of die tjek te skryf, of die afspraak te maak, of die gesprek te hê, of die skuif te maak. Peter Marshall het gesê: ‘Ek wonder wat sou gebeur as ons almal sou instem om een van die Evangelies te lees totdat ons by ‘n plek kom wat vir ons sê om iets te doen, dan uitgaan om dit te doen en eers nadat ons dit gedoen het, weer begin lees? Daar is aspekte van die Evangelie wat verwarrend en moeilik is om te verstaan. Ons probleme lê egter nie in die dinge wat ons nie verstaan nie, maar eerder die dinge wat ons wel verstaan. Ons probleem is nie soseer dat ons nie weet wat ons moet doen nie. Ons weet baie goed, maar ons wil dit nie doen nie.’ Een van die groot foute wat ons maak is dat ons vir God vra om dit vir ons te doen wat Hy wil hê ons vir Hom moet doen. Voor God die waters van die Jordaanrivier geskei het sodat die Israeliete Kanaän kon binnegaan, het Hy eers vir die priesters opdrag gegee om ‘n paar treë in die rivier te gee. Hoekom het God dit so gedoen? Miskien wou Hy weet dat hulle genoeg geloof gehad het om hulle voete nat te maak. Solank as wat jou voete op droë grond geplant is, sal God nie die rivier vir jou skei nie. Jy sê: ‘Ek wag vir God om die eerste skuif te maak.’ Miskien wag God vir jou om in geloof uit te tree en die eerste stap te neem. Indien dit die geval is, is die woord vir jou vandag – neem aksie.
13 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min