Woord vir Vandag - 14 Mrt 2025

Loading player...
“…Hulle het toe met die goeie werk begin.” Nehemia 2:18 NLV
Bid daaroor en neem dan aksie
Daar is ‘n tyd om te bid en ‘n tyd om aksie te neem. Soms beteken dit om die werksaansoek in te vul, of die tjek te skryf, of die afspraak te maak, of die gesprek te hê, of die skuif te maak. Peter Marshall het gesê: ‘Ek wonder wat sou gebeur as ons almal sou instem om een van die Evangelies te lees totdat ons by ‘n plek kom wat vir ons sê om iets te doen, dan uitgaan om dit te doen en eers nadat ons dit gedoen het, weer begin lees? Daar is aspekte van die Evangelie wat verwarrend en moeilik is om te verstaan. Ons probleme lê egter nie in die dinge wat ons nie verstaan nie, maar eerder die dinge wat ons wel verstaan. Ons probleem is nie soseer dat ons nie weet wat ons moet doen nie. Ons weet baie goed, maar ons wil dit nie doen nie.’ Een van die groot foute wat ons maak is dat ons vir God vra om dit vir ons te doen wat Hy wil hê ons vir Hom moet doen. Voor God die waters van die Jordaanrivier geskei het sodat die Israeliete Kanaän kon binnegaan, het Hy eers vir die priesters opdrag gegee om ‘n paar treë in die rivier te gee. Hoekom het God dit so gedoen? Miskien wou Hy weet dat hulle genoeg geloof gehad het om hulle voete nat te maak. Solank as wat jou voete op droë grond geplant is, sal God nie die rivier vir jou skei nie. Jy sê: ‘Ek wag vir God om die eerste skuif te maak.’ Miskien wag God vir jou om in geloof uit te tree en die eerste stap te neem. Indien dit die geval is, is die woord vir jou vandag – neem aksie.
13 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min