Woord vir Vandag - 15 Mrt 2025

Loading player...
“…Daar het die koning die hele boek van die verbond voorgelees…” 2 Kronieke 34:30 NLV
Die belangrikheid van God se Woord
Toe Josia koning in Jerusalem geword het, het hy werkers aangestel om die tempel reg te maak. Daar het hulle ‘n kopié van die boek van gebooie van die Here, in die puin ontdek. Niemand het dit in jare gesien nie! Josia het geredeneer dat Juda se afgodsdiens direk verband daarmee hou dat hulle nie meer God se Woord lees nie. Dus het hy al die mense van Juda bymekaar laat kom, persoonlik vir hulle God se wet voorgelees en hulle gelei om hulle weer daaraan toe te wy om volgens die beginsels van God se Woord te leef. Moenie die skakel misloop nie! Omdat hulle nie God se Woord gelees en daarvolgens geleef het nie, het God se mense in afgodsdiens verval. Jy ontdek God se prioriteite vir jou lewe in die Bybel. Wanneer jy nie God se Woord lees, dit bestudeer en oor die voorskrifte daarin mediteer nie, fokus jy uiteindelik op jou eie belange en skeep God se prioriteite af. Enigiets wat jy bo God plaas, is ‘n ‘afgod.’ Soms is ‘n afgod ‘n sondige praktyk wat jy weet verkeerd is. ‘n Afgod kan egter ook ‘n wettige iets soos ‘n werk, of ‘n verhouding, of ‘n besondere belangstelling wees wat soveel van jou tyd en energie in beslag neem dat dit jou verhouding met God kortwiek of totaal verwaarloos. Die gesangeskrywer William Cowper het geskryf: ‘The dearest idol I have known, whate’er that idol be, help me to tear it from thy throne, and worship only thee.’ As jy ernstig daaroor is om God beter te leer ken, nader aan Hom te beweeg en Hom eerste in jou lewe te stel, moet jy die besluit neem om elke dag tyd met sy Woord deur te bring.
14 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min