Woord vir Vandag - 16 Mrt 2025

Loading player...
“…Wees aan My gehoorsaam en Ek sal julle God wees… As julle doen wat Ek sê, sal dit met julle goed gaan.” Jeremia 7:23 NLV
Die skakel tussen ongehoorsaamheid en stres
‘n Vooraanstaande Christelike sielkundige sê dat daar ‘n direkte korrelasie tussen die stres wat ons ervaar en ongehoorsaamheid aan God se Woord is. Kan dit waar wees? Kan daar ‘n skakel tussen die stres wat jy ervaar en jou vlak van gehoorsaamheid aan God wees? Ja. Dink daaroor. Wanneer jy as verloste kind van God Hom wetend ongehoorsaam is, pla jou gewete jou en voel jy konflik en vooroordeel in jou binneste. Wanneer jy bewustelik sy Woord skend, voel jy ongemaklik in jou eie vel. Wanneer jy dan tot God bid en Hom iets vra, voel dit asof jy met ‘n skuldeiser oor jou onbetaalde rekeninge praat. ‘Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan. Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:21-22 NLV). Soms kan ons nie die presiese oorsprong van die stres wat ons ervaar vasstel nie; dit voel net asof iets nie reg is nie. Wat moet jy doen? Stop en neem voorraad! Die twaalfstap-program verwys hierna as ‘’n deursoekende en vreeslose morele inventaris’. Dit moet gedoen word sodat ‘n alkoholis of verslaafde van dit wat hulle bly terugdryf na hul verslawing, kan loskom. Lees die volgende Skrifgedeelte versigtig en met gebed: ‘Wat Ek beveel het was die volgende: ‘Wees aan My gehoorsaam en Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees. As julle doen wat Ek sê, sal dit met julle goed gaan’ (Jeremia 7:23 NLV).
15 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min