Woord vir Vandag - 17 Mrt 2025

Loading player...
“Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk…” Eksodus 33:11 NLV
Het jy al met God daaroor gepraat?
Moses het ‘n spesiale plek gehad waar hy God ontmoet het. Dit is die ‘ontmoetingstent’ genoem (vers 7 NLV). Waaroor het hulle gepraat? ‘Op ‘n keer het Moses vir die Here gesê: ‘U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie… sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag…’ Hy vra toe vir Moses: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’’ (verse 12-14 NLV). Let die drie dinge op waaroor Moses vir God uitgevra het: 1) ‘U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie.’ Dit was wys, want mense kan jou opbou of afbreek. Jy moet weet wie in jou lewe hoort en wie nie en God is die enigste een wat dit vir jou kan sê. 2) ‘Sê asseblief wat u planne is.’ God se wil, wat op God se manier, volgens God se tydsberekening gedoen word, bring altyd sukses mee. As jy egter jou eie wil, op jou manier, volgens jou eie tydsberekening doen, bring dit net moeilikheid en hartseer mee. 3) ‘Sodat ek kan weet wat U van my verwag.’ Op jou eie kan jy nie die uitdaging baasraak nie, maar deur die krag van God se inwonende Gees kan jy groot dinge vermag, Wat God vir Moses belowe het, beloof Hy ook vir jou: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’
16 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min