Woord vir Vandag - 17 Mrt 2025

Loading player...
“Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk…” Eksodus 33:11 NLV
Het jy al met God daaroor gepraat?
Moses het ‘n spesiale plek gehad waar hy God ontmoet het. Dit is die ‘ontmoetingstent’ genoem (vers 7 NLV). Waaroor het hulle gepraat? ‘Op ‘n keer het Moses vir die Here gesê: ‘U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie… sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag…’ Hy vra toe vir Moses: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’’ (verse 12-14 NLV). Let die drie dinge op waaroor Moses vir God uitgevra het: 1) ‘U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie.’ Dit was wys, want mense kan jou opbou of afbreek. Jy moet weet wie in jou lewe hoort en wie nie en God is die enigste een wat dit vir jou kan sê. 2) ‘Sê asseblief wat u planne is.’ God se wil, wat op God se manier, volgens God se tydsberekening gedoen word, bring altyd sukses mee. As jy egter jou eie wil, op jou manier, volgens jou eie tydsberekening doen, bring dit net moeilikheid en hartseer mee. 3) ‘Sodat ek kan weet wat U van my verwag.’ Op jou eie kan jy nie die uitdaging baasraak nie, maar deur die krag van God se inwonende Gees kan jy groot dinge vermag, Wat God vir Moses belowe het, beloof Hy ook vir jou: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’
16 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min