Kanada stel vergeldingstariewe in

Loading player...
Kanada het van vandag 'n 25 persent vergeldingstarief aangekondig op meer as 367 miljard Namibiese dollar se Amerikaanse goedere, soos staal- en aluminiumprodukte. Dit volg nadat president Donald Trump Woensdag 25 persent-tariewe ingestel het op alle staal en aluminium wat van Kanada na Amerika ingevoer word. Kanada se minister van Finansies, Dominic LeBlanc, sê die lys van bykomende produkte wat deur tariewe geraak word, sluit in rekenaars, sporttoerusting en gietysterprodukte:
13 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Joslin-uitspraak belangrike stap na geregtigheid'

The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is…
4 May 3AM 1 min

Omaheke ernstig oor kinderveiligheid

Sleutelinstellings in Omaheke gaan met die polisie saamspan om die veiligheid van die jeug in dié streek te verbeter in reaksie op die vlaag kindermoorde in Namibië. Volgens die hoof van misdaadvoorkoming in Omaheke, adjunk-kommissaris Jackson Kamwangha, het die polisie met ‘n bewusmakingsveldtog be skole begin sal patrollies en beheerpunte…
4 May 1AM 1 min

Wes-Kaapse regering in spervuur oor George-gebou

Brett Herron van die GOOD party het die Wes-Kaapse regering se toesig oor die George-gebou-ineenstorting gekritiseer en noem dit 'n leë prestasie. Hy sê die slagoffers se families is nie gerespekteer nie, aangesien die Parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur nie finale verslae gelewer het of belangrike amptenare ondervra het…
4 May 1AM 1 min

Kragstelsel bly stabiel, sê Eskom

Eskom sê die kragstelsel bly stabiel met volgehoue beplande instandhouding en verbeterde vlakke van onbeplande onderbrekings. Vanaf 1 April tot 1 Mei het onbeplande onderbrekings afgeneem tot 12 644 megawatt, terwyl 2 850 megawatt na verwagting voor piektyd Maandagaand beskikbaar sal wees. Die Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy toon…
4 May 12AM 1 min

Persvryheid vandag herdenk

Dit is vandag Wêreld Persvryheidsdag. In Namibië het die media toenemende onder druk gekom en die land se plasing op die Persvryheidsindeks het in die afgelope paar jaar gedaal. ‘n Vrye en regverdige pers is kritiek vir enige demokrasie op aanspreeklikheid en regte te bevorder. Charmaine Ngatjiheue van die media-vakbond…
3 May 5AM 1 min