Omaheke ernstig oor kinderveiligheid

Loading player...
Sleutelinstellings in Omaheke gaan met die polisie saamspan om die veiligheid van die jeug in dié streek te verbeter in reaksie op die vlaag kindermoorde in Namibië. Volgens die hoof van misdaadvoorkoming in Omaheke, adjunk-kommissaris Jackson Kamwangha, het die polisie met ‘n bewusmakingsveldtog be skole begin sal patrollies en beheerpunte ook ingestel word. Die goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, sê ‘n buitengewone plan is nodig om die euwel vas te vat:
4 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kleinvee-uitvoere gedy ná reën

Die reënval het gelei tot 'n merkbare toename in die verkope van kleinvee en die tekorte by Farmers’ Meat Market is nou aangespreek. Dit verseker 'n toename in uitvoervolumes. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Ohlthalver en List, Sven Thieme, gepraat. Hy sien uit na 'n goeie…
4 May 5AM 1 min

Ondersoek kom na misdade uit apartheidsera

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, president Cyril Ramaphosa se besluit ondersteun om ’n regterlike ondersoekkommissie in te stel na beweerde vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Dit behels ondersoeke van vorige administrasies, wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys…
4 May 4AM 1 min

'Joslin-uitspraak belangrike stap na geregtigheid'

The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is…
4 May 3AM 1 min

Wes-Kaapse regering in spervuur oor George-gebou

Brett Herron van die GOOD party het die Wes-Kaapse regering se toesig oor die George-gebou-ineenstorting gekritiseer en noem dit 'n leë prestasie. Hy sê die slagoffers se families is nie gerespekteer nie, aangesien die Parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur nie finale verslae gelewer het of belangrike amptenare ondervra het…
4 May 1AM 1 min

Kragstelsel bly stabiel, sê Eskom

Eskom sê die kragstelsel bly stabiel met volgehoue beplande instandhouding en verbeterde vlakke van onbeplande onderbrekings. Vanaf 1 April tot 1 Mei het onbeplande onderbrekings afgeneem tot 12 644 megawatt, terwyl 2 850 megawatt na verwagting voor piektyd Maandagaand beskikbaar sal wees. Die Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy toon…
4 May 12AM 1 min