Namibië se handel onder vryhandelooreenkoms vorder

Loading player...
Namibië het in die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied begin verhandel nadat die voorlopige skedules van tariefkonsessies afgehandel is. In 2024 het Namibië goedere van 10,3 miljoen Amerikaanse dollar na lidlande uitgevoer. Invoere van die lidlande het 4 miljoen dollar beloop, met 51 persent daarvan uit Egipte. Slegs nie-SADC-lande met tariefskedules kan met Namibië onder die vryhandelsgebied-maatreëls handel dryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus oor wat dit beteken.
13 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Junior Bokke klop Argentinië 36-25

Haashim Pead het twee drieë gedruk en die Junior Springbokke het die Argentyne met 36-25 verslaan in die eerste ronde van die Onder 20-Rugbykampioenskap by die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Suid-Afrika was teen rustyd agter met 20-15, maar het teruggeveg en die sege behaal. Intussen het Sid Harvey in die…
2 May 3AM 1 min

Ndala kritiseer stilte oor kindergeweld

Duminga Ndala, leier van die LPM-jeugbevel, het die onrusbarende toename in geweldsmisdade teen kinders veroordeel en dit 'n nasionale noodtoestand genoem wat dringend en gefokusde optrede vereis. Sy het politieke partye gekritiseer vir hul stilswye oor die onlangse wrede moorde in Okahandja, en spoor hulle aan om hul stilte te…
2 May 3AM 1 min

GIPF maak regstelling op vergoeding

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het 'n regstelling uitgereik oor die syfers vir uitvoerende beamptes se vergoeding wat in sy 2024 geïntegreerde jaarverslag gerapporteer is. Dit sê dat 'n beskrywingsfout tot 'n misverstand gelei het. Totale uitvoerende vergoeding het 19,3 miljoen Namibiese dollar beloop, nie 43 miljoen dollar soos deur media berig…
2 May 2AM 1 min

Polo was die van drie konstabels

Die polisie het bevestig dat die wit VW Polo wat uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal is, aan die drie Vrystaatse polisiebeamptes behoort het wat vroeër die week dood is. Konstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het vermis geraak nadat hulle verlede week van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
2 May 2AM 1 min

Geweld teen kinders was not altyd 'n uitdaging, ingryping nodig

Te midde van landwye betogings ná die moorde op skoolmeisies in Okahandja, sê aktiviste en politici dat die toename in geweld teen kinders kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavanga, wat sê dit was nog altyd 'n probleem en 'n oproep vir ernstige ingryping herhaal.
2 May 1AM 1 min