
Hooglandwaterprojek se stelsels nog oop vir 3 weke
Loading player...
Die water en sanitasie-departement het die sluiting van die Lesotho-hooglandwaterprojek se wateroordragstelsel en leweringstonnels met drie weke verleng. Dit is weens vertragings met onderhoudwerk by die suidelike leweringstonnel in Lesotho en onvoorspelbare weerstoestande. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê 'n herstelplan is ingestel om die werk in Lesotho te versnel, maar die vertraging kon nie vermy word nie.