
Hengari moes bedank het - kenner
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Sondag gesê sy het landbouminister Mac Hengari amptelik van sy pligte onthef, effektief van verlede Woensdag. Hengari is Saterdagmiddag in hegtenis geneem ná hy glo ‘n 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig, met 230 000 Namibiese dollar in kontant probeer omkoop het om die saak te laat vaar. Die polisie ondersoek verskeie klagte teen Hengari, insluitend verkragting, geslagsgebaseerde geweld en onwettige aborsie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die politieke ontleder, Rui Tyitende, gekry wat meen daar moet 'n keuringproses in plek wees vir ministers: