Tesourie moet ophou toewysings in begroting besnoei - Cosatu

Loading player...
Cosatu sê Nasionale Tesourie moet die emosionele en nuttelose versoeking weerstaan om belangrike toewysings in die begroting te besnoei. Dit sluit in die bevriesing van die brandstofbelasting, die uitbreiding van kossoorte wat van BTW uitgesluit is, en maatskaplike toelaes bo inflasie. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die BTW-verhoging van 0,5-persent opgeskort het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle gaan voort om met Tesourie, die regering en die Parlement te onderhandel:
29 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Komende rugbyseisoen staan vol in die blom

Burger het die onder-20 span aangemoedig om in top-kondisie te bly na hulle Barthés-oorwinning. Hy sê baie van die onder 20 spelers staan 'n kans om in die Wêreldbeker te speel as Namibië dit haal.
29 Apr 10AM 1 min

Komende rugbyseisoen staan vol in die blom

Die komende rugbyseisoen beloof om grasgroen en vol geleenthede te wees. Gedurende 'n borgskapoorhandiging van Novel Ford aan die NRU, het Jacques Burger, die direkteur van die Namibië Rugby Unie uiteen gelê wat voorlê met die opkomende seisoen wat in Junie begin met ‘n paar lekker wedstryde ter voorbereiding vir…
29 Apr 10AM 1 min

Word mediese interns nou betaal, wil Swanu-LP weet

Parlementslede het in die Nasionale Vergadering vir die Huiskomitee gestem, en kon daarna skriftelike en mondelinge vrae aan ministers rig. Die kwessie van mediese interns wat verlede jaar betoog het oor die nie-betaling van oortyd het onder die loep gekom. Die interns het die gesondheidministerie na die Arbeidskommissaris geneem, wat…
29 Apr 10AM 1 min

Swapo oor Mootu se aanstelling 'komies maar onaanvaarbaar'

Die Landless People's Movement het Swapo se reaksie op die aanstelling van Utaara Mootu as adjunkvoorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Internasionale Betrekkinge, Verdediging en Veiligheid gekritiseer en beskryf dit as kinderagtig en ego-gedrewe. Terwyl die aanvanklike skok van Swapo verstaanbaar is, het die party kommer uitgespreek toe partypresident…
29 Apr 10AM 1 min