
Swapo oor Mootu se aanstelling 'komies maar onaanvaarbaar'
Loading player...
Die Landless People's Movement het Swapo se reaksie op die aanstelling van Utaara Mootu as adjunkvoorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Internasionale Betrekkinge, Verdediging en Veiligheid gekritiseer en beskryf dit as kinderagtig en ego-gedrewe. Terwyl die aanvanklike skok van Swapo verstaanbaar is, het die party kommer uitgespreek toe partypresident Netumbo Nandi-Ndaitwah die uitkoms aanhou veroordeel het. Daar is blykbaar ‘n soektog na die “Judas” van stapel gestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die partywoordvoerder Lifalaza Simataa gepraat.