Die Statebond Sake- en Handelsberaad sal in die hoofstad vanaf 16 tot 20 Junie gehou word. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond en sal handelsministers van die lande bymekaar bring.
Minister van Vervoer, Barbara Creecy sê Suid-Afrika het die laagste aantal padsterftes in drie jaar gedurende die Paasnaweek aangeteken. Botsings het met 32,5-persent verminder en sterftes het met 45,6-persent gedaal in vergelyking met 2024. Creecy skryf die sukses toe aan vroeë beplanning, sigbare verkeerspatrollering, en vennootskappe tussen die gemeenskap en…
Inwoners van Okahandja het 'n protesoptog gehou ter ondersteuning van die gesinne wat rou na die hartseer-moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu en Beyonce Kharuxas. 'n Hele aantal hoogwaardigheidsbekleërs, waaronder president Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-sportminister Dino Balotti en onderwysminister Sanet Steenkamp, was onder die deelnemers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof meegedeel dat Israel straffeloos optree in besette Palestynse gebiede en doelbewus hulp aan Gaza blokkeer. Die Hof hou hierdie week openbare verhore oor 'n versoek vir 'n raadgewende mening oor Israel se verpligtinge ingevolge internasionale reg. Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en…
Die Vereniging van Uitsaai Veterane gaan Woensdag, 30 April sertifikate uitdeel aan tien leerders van Windhoek Gimnasium wat die vereniging se opleiding sessies suksesvol voltooi het. Die tien aspirant omroepers sal binnekort begin uitsaai op Windhoek Gimnasium se skool radiostasie. Kolie van Coller, sameroeper van die vereniging, is aan die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.