
SA verdiep betrekkinge met EU
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê as een van Suid-Afrika se belangrikste handels- en beleggingsvennote kan die Europese Unie 'n kataliserende rol speel om die ekonomie se produktiewe vermoëns vry te stel. Hy was gister die mede-voorsitter van die agste Suid-Afrika/Europese Unie-beraad in Kaapstad. Ramaphosa sê Suid-Afrika en die EU het ooreengekom oor die sterker ekonomiese samewerking en om uitdagings in handelsbetrekkinge op te los: