Le Roux, Van Staden terug vir Bulle teen Glasgow Warriors

Loading player...
Rugby: Die Springbok-heelagter Willie le Roux en flank, Marco van Staden, is terug in die Bulle-groep wat vanaand die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, in die Verenigde Rugbykampioenskap in Skotland takel. Le Roux, wat in Maart ʼn operasie ondergaan het, is op die bank terwyl Van Staden op nommer agt begin nadat hy verlede naweek se wedstryd teen Munster misgeloop het. Suid-Afrika se Onder-20-slot, Jacobus Grobbelaar, is gereed om sy debuut van die bank te maak. Die Bulle is derde op die VRK-punteleer, en vier punte agter Glasgow wat tweede is. Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, het meer.
25 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kabinet erken AU se reparasies vir Afrikane-tema

Die Kabinet het die belangrikheid erken om nasionale aktiwiteite in lyn te bring met die AU se 2025-tema van die Jaar: Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur middel van reparasies. Alle kantore, ministeries en agentskappe is opdrag gegee om hierdie tema te integreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die…
25 Apr 12PM 1 min

Helikopter help met Tafelberg-veiligheid

SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike…
25 Apr 12PM 1 min

Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV

Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang…
25 Apr 11AM 1 min

BTW-skrapping 'pleister op oop wond'

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die land se grootste tekortkoming is nie ʼn fiskale tekort nie, maar ʼn gebrek aan integriteit, bevoegdheid en politieke wil. Die organisasie het die skrapping van ʼn BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte verwelkom, maar sê dis bloot ʼn pleister op ʼn oop wond. Bennie van Zyl van…
25 Apr 11AM 1 min