
Helikopter help met Tafelberg-veiligheid
Loading player...
SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike bedreigings. Hy sê dis al bewys dat lugoperasies suksesvol is wanneer daar baie besoekers is soos tydens Paasfees, Kersfees en Nuwejaar: