NamNet besoek Speaker oor samewerking met parlement

Loading player...
Die Namibiese Civil Society Non-State Actors-netwerk, NamNet, het 'n hoflikheidsbesoek aan die Nasionale Vergadering-speaker prof. Peter Katjavivi, gebring. Ronny Dempers van die Namibia Development Workshop het die afvaardiging gelei en 'n beroep gedoen op die insluiting van die burgerlike samelewing in die parlement se werk, asook samewerking met burgerlike samelewing-organisasies om die nasionale ontwikkelingsprioriteite te bereik. Dempers het die parlement geprys vir die bekendstelling van e-parlementsinstrumente soos die aanlyn-wetsontwerp register, aangesien dit burgerlike betrokkenheid bevorder. Katjavivi het gesê burgerlike samelewing-organisasies speel 'n belangrike rol in die bevordering van demokrasie en goeie bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bestuurskenner Dr. Marius Kudumo, wat deel van die afvaardiging was.
14 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sprinkane saai verwoesting in dele van Zambezi-streek

Sprinkane het na die goeie reën verwoesting begin saai in landerye in sommige noordelike areas. Die Zambezi-streek is veral hard getref en die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye bespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu gesels, wat sê dinge lyk nie goed nie en 'n…
25 Apr 8AM 1 min

ANC maak plan met interne etiek, dissipline

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is besig om streng interne meganismes in te stel om etiese leierskap, doeltreffende regering en deursigtige besluitneming te verseker. Hy het die slotrede gelewer by die party se Noord-Kaapse provinsiale konferensie waar Zamani Saul onbestrede vir ʼn derde termyn as provinsiale…
25 Apr 8AM 1 min

Afrika Energiekamer ondersteun Namibië se olie-ambisies

Die uitvoerende voorsitter van die Afrika Energiekamer, NJ Ayuk, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie sterk steun uitgespreek vir Namibië se olie-ambisies. Hy het die land se plaaslike inhoudbeleid geprys en sê alle beskikbare koolwaterstowwe moet benut word om Namibiërs te bevoordeel. Ayuk beklemtoon die ontwikkeling van plaaslike vaardighede om…
25 Apr 6AM 1 min

Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie - NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord…
25 Apr 6AM 1 min