
Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie - NNN
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord is onvoldoende. Hy wou weet wat die nuwe administrasie se planne in die verband is. Nandi-Ndaitwah sê die proses is nog nie afgehandel nie.