Amupanda verduidelik sy konsessie-bewerings

Loading player...
AR-leier Job Amupanda beweer dat 'n sekere 25-jarige konsessie-ooreenkoms sal inhou dat Namibiese jeug slegs 2 000 Namibiese dollar per maand sal verdien, terwyl 'n private maatskappy 'n jaarlikse wins van meer as 20 miljoen dollar uit 'n nasionale park sal maak. Hy beweer dat die regering die kontrak verander het sonder behoorlike toesig en dat die tender onregmatig toegeken is. Amupanda waarsku teen die voortgesette privatisering van openbare bates en belowe om voor 21 Maart meer besonderhede bloot te lê. Die konsessie waarna hy verwys is die Sossusvlei pendel-plaas Arbeid Adelt kampeerterrein-konsessie wat aan About Africa toegeken is na Namibia Wildlife Resorts nie betyds daarvoor getender het nie. Amupanda is aan die woord.
14 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sprinkane saai verwoesting in dele van Zambezi-streek

Sprinkane het na die goeie reën verwoesting begin saai in landerye in sommige noordelike areas. Die Zambezi-streek is veral hard getref en die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye bespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu gesels, wat sê dinge lyk nie goed nie en 'n…
25 Apr 8AM 1 min

ANC maak plan met interne etiek, dissipline

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is besig om streng interne meganismes in te stel om etiese leierskap, doeltreffende regering en deursigtige besluitneming te verseker. Hy het die slotrede gelewer by die party se Noord-Kaapse provinsiale konferensie waar Zamani Saul onbestrede vir ʼn derde termyn as provinsiale…
25 Apr 8AM 1 min

Afrika Energiekamer ondersteun Namibië se olie-ambisies

Die uitvoerende voorsitter van die Afrika Energiekamer, NJ Ayuk, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie sterk steun uitgespreek vir Namibië se olie-ambisies. Hy het die land se plaaslike inhoudbeleid geprys en sê alle beskikbare koolwaterstowwe moet benut word om Namibiërs te bevoordeel. Ayuk beklemtoon die ontwikkeling van plaaslike vaardighede om…
25 Apr 6AM 1 min

Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie - NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord…
25 Apr 6AM 1 min