NNN sal waarskynlik ook Jerry-wet uitlos

Loading player...
Aangewese president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal waarskynlik president Nangolo Mbumba se voorbeeld volg en weier om wetsontwerpe teen gay huwelike te onderteken, sê politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah. Die minister in die presidensie, Christine Hoebes, het verlede week in die parlement gesê Mbumba het nie ongrondwetlik opgetree deur nie twee omstrede wetsontwerpe van Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo te onderteken wat gemik is teen gay huwelike nie. Kosmos 94.1 Nuus het Kamwanyah om reaksie genader:
17 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Primêre nywerhede dra meeste by tot 2024-groei

Die Namibiese Finansiële Stabiliteitsverslag van 2025 is deur die Bank van Namibië in die hoofstad bekendgestel Die verslag ontleed die prestasie van die Namibiese banke in die ekonomie. Die globale ekonomiese vooruitsigte van verskeie lande het afgeneem en sal na verwagting in die Namibiese binnelandse ekonomie deursyfer. Florette Nakusera, direkteur…
24 Apr 11PM 1 min

"Vladimir, STOP!" - Trump

Amerikaanse president Donald Trump en Noorweë se premier, Jonas Gahr Støre, het Donderdag in die Withuis ontmoet, waar Trump gesê het dat die volgende paar dae baie belangrik gaan wees vir 'n skietstilstand-ooreenkoms in Oekraïne. Trump het vroeër gesê hy is nie gelukkig oor 'n groot Russiese lugaanval op Kiëf…
24 Apr 11PM 1 min

Beveg korrupsie, maar waar's die Fluitjieblaser-wet?

Namibiërs wag nog steeds in afwagting dat die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers volledig in werking gestel moet word. Dit is nodig om korrupsie te help ontbloot. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede die belangrikheid daarvan om korrupsie te beveg uitgelig, om die land se natuurlike hulpbronne te…
24 Apr 12PM 1 min

Zelensky, Cyril kom ooreen oor meer samewerking

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en…
24 Apr 12PM 1 min

President kondig gratis tersiêre onderwys aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef…
24 Apr 11AM 1 min