Woord vir Vandag - 20 Mrt 2025

Loading player...
“…voed hulle op met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra.” Efesiërs 6:4 NLV
Ouerskap op die Bybelse manier
Om ‘n saad te plant is net die eerste stap in ‘n seisoen. Dan is daar water, bemesting, onkruid en die beskerming van die sukkelende plant teen plae, siektes, storms en ongunstige weer. Baie blomme en groente benodig stokke, hokke en ander ondersteunings om hulle te help om hoog te staan en hul vrugte te dra. Die tuinier wat niks anders doen as om ‘n saad te saai nie, moet nie verbaas wees as sy of haar plante nooit volwassenheid bereik nie. Byna alle lewende dinge in God se skepping plant voort deur ‘n saad te saai: mense, plante, voëls, visse en diere. Wanneer ‘n saad buite sig in die grond begrawe word, is daar min wat ons kan doen om sy groei te beïnvloed. Wanneer ‘n nuwe plant - en veral 'n nuwe baba – egter die wêreld binnekom, is dit waar die resultate van ware boerdery - en ouerskap - gesien kan word. Passiewe ouerskap is om ‘n kind op sy of haar eie manier te laat grootword. Bybelse ouerskap is egter ‘n ander saak. As jy ‘n ouer is, lees die volgende Skrifgedeeltes: ‘Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe. Op ‘n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg. Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie’ (Spreuke 22:4-6 NLV). ‘Maar regverdiges sal blom soos ‘n palmboom en welig groei soos ‘n seder van die Libanon. Geplant in die Here se woning, groei hulle weelderig, daar in die tempel van ons God. Al is hulle oud, is hulle ‘n aanwins; hulle is vars en lewenskragtig’ (Psalm 92:13-15 NLV). Dit word ‘ouerskap op die Bybelse manier,’ genoem.
19 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min