Woord vir Vandag - 20 Mrt 2025

Loading player...
“…voed hulle op met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra.” Efesiërs 6:4 NLV
Ouerskap op die Bybelse manier
Om ‘n saad te plant is net die eerste stap in ‘n seisoen. Dan is daar water, bemesting, onkruid en die beskerming van die sukkelende plant teen plae, siektes, storms en ongunstige weer. Baie blomme en groente benodig stokke, hokke en ander ondersteunings om hulle te help om hoog te staan en hul vrugte te dra. Die tuinier wat niks anders doen as om ‘n saad te saai nie, moet nie verbaas wees as sy of haar plante nooit volwassenheid bereik nie. Byna alle lewende dinge in God se skepping plant voort deur ‘n saad te saai: mense, plante, voëls, visse en diere. Wanneer ‘n saad buite sig in die grond begrawe word, is daar min wat ons kan doen om sy groei te beïnvloed. Wanneer ‘n nuwe plant - en veral 'n nuwe baba – egter die wêreld binnekom, is dit waar die resultate van ware boerdery - en ouerskap - gesien kan word. Passiewe ouerskap is om ‘n kind op sy of haar eie manier te laat grootword. Bybelse ouerskap is egter ‘n ander saak. As jy ‘n ouer is, lees die volgende Skrifgedeeltes: ‘Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe. Op ‘n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg. Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie’ (Spreuke 22:4-6 NLV). ‘Maar regverdiges sal blom soos ‘n palmboom en welig groei soos ‘n seder van die Libanon. Geplant in die Here se woning, groei hulle weelderig, daar in die tempel van ons God. Al is hulle oud, is hulle ‘n aanwins; hulle is vars en lewenskragtig’ (Psalm 92:13-15 NLV). Dit word ‘ouerskap op die Bybelse manier,’ genoem.
19 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min