Petroljoggies se gesondheid en rooibos...

Loading player...
ʼn Grensverskuiwende studie is aan die gang om vas te stel of rooibos die nadelige uitwerking van blootstelling aan petrochemiese stowwe op petroljoggies kan bekamp. Wetenskaplikes van die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid het die idee ontwikkel na aanleiding van die bedryf se aansienlike beroepsgevare. Die instituut se epidemioloog, Kerry Wilson, sê petroljoggies in Suid-Afrika werk lang ure by vulstasies en asem dikwels gevaarlike petrochemiese dampe in.
18 Mar 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Finansiële stabiliteitsverslag 'herstel openbare vertroue'

Die Bank van Namibië en Namfisa het die jaarlikse finansiële stabiliteitsverslag vrygestel onder die tema "Beveiliging van finansiële stabiliteit in 'n veranderende globale landskap”. Die sleutelverslag kontroleer die gesondheid van die finansiële stelsel deur onder andere risiko's te ontleed, banke te stres-toets en die stelsel se gereedheid vir plaaslike en…
24 Apr 9AM 1 min

BTW-verhoging omgekeer weens DA: Zille

Die DA sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die BTW-verhoging van 'n 0,5-persentasiepunt te skrap, is ʼn draaipunt in die stryd om Suid-Afrikaners teen ongeregverdigde finansiële laste te beskerm. Die party sê hy het ʼn voorstel van Godongwana se prokureurs ontvang om buite die hof te skik oor sy…
24 Apr 8AM 1 min

Venaani wil weet oor begroting vir oud-presidente

Die PDM-leier McHenry Venaani het premier Elijah Ngurare in die Nasionale Vergadering gevra om die toekenning van kantore aan voormalige presidente te hersien, en het die koste en volhoubaarheid van die huidige model bevraagteken. Hy het voorgestel dat bestaande kantore gebruik word, en gevra vir 'n hersiening van die Wet…
24 Apr 6AM 1 min

Saftu verwerp voorstelde wysigings aan arbeidswette

Die vakverbond Saftu vra werkers om die voorgestelde wysigings aan arbeidswette te verwerp, aangesien dit werkgewers bevoordeel en werkersregte verswak. Die organisasie sê die nuwe konsepkode sal onregverdige afdankings toelaat, veral in klein ondernemings, regverdige verhoorprosesse verwyder, en dit makliker maak om werkers op proeftyd of dié wat as onaanpasbaar…
24 Apr 6AM 1 min

Dis weer /Ae//Gams-fees die naweek

Stad Windhoek bied hierdie naweek die 17de /Ae//Gams Kuns- en Kultuurfees aan. Die tweedaagse geleentheid sal musiek, tradisionele en kontemporêre dans, mode en kookkuns aanbied, wat plaaslike talent en kulturele diversiteit ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die korporatiewe kommunikasiebeampte by die stad, Lydia Shifa, gesels.
24 Apr 6AM 1 min